LW: Daar is 'n aantal vrylike beskikbare versamelings van Suid-Afrikaanse Boedellêers en/of sterfkennisse op die eGGSA webwerf (eGGSA
	Document Library) en op die FamilySearch webwerf (FamilySearch
	South Africa). So ver ons weet bevat die boedels in hierdie versamelings 
nie alles in die oorspronklike lêer nie, maar die FamilySearch versameling blyk 
tenminste die sterfekennis, testament en Likwidasierekening te bevat.
	Ons kan foto's  verkry van dokumente vanaf die
	Suid-Afrikaanse Argiewe in 
(KAB) Weskaap by Kaapstad
	
(NAB) Natal (Kwazulu-Natal) by Pietermaritzburg
	
(VAB) Vrystaat (Oranje Vrystaat) in Bloemfontein en
	
(TAB en SAB) Transvaal (Gauteng) in Pretoria.
	Die verwysings en besonderhede soos voorsien in
	die
	
	NAAIRS aanlyn indeks MOET voorsien word.
	Ons kan nie dokumente van enige ander
	Suid-Afrikaanse Argief verkry nie.
Hierdie diens is vir enigeen beskikbaar. Lede van
die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (alle huidige
lede van eGGSA is lede van dié Genootskap) sal egter 
'n 50% korting ontvang.
Aangesien daar nie voor die tyd bepaal kan word
hoeveel bladsye gefotografeer gaan word nie sal die finale bedrag wat u vir die
fotos moet betaal eers aan die einde van die proses vasgestel kan word en
betaling vir die fotos eers versoek word nadat die bladsye afgeneem is.
Vir meer inligting oor die pryse en die voorwaardes
betrokke by die diens, lees asseblief:  
Argiewe Dokumente Hulp en Voorwaardes
Betaling kan d.m.v. 
PayPal of 
Bankoordrag geskied.
	NB. Vir bestellings vanaf 4 Oktober 2015 geplaas is ons pryse soos hieronder:
 | 
	  | eGGSA / GGSA lede |  | 
	  | Nie-lede. | 
 | 
 | 
R32 of $2 (USD) hanteerkoste vir elke
10 lêers of deel daarvan in die bestelling, plus |  | 
			  | 
			R64 of $4 (USD) hanteerkoste vir elke 10 lêers of deel
			daarvan in die bestelling, plus | 
 | 
			  | 
			R16 of $1 (USD) vir die eerste bladsy van 'n dokument se
			foto | 
 |   | 
			R32 of $2 (USD) vir die eerste bladsy van 'n dokument se
			foto | 
 | 
  | 
R 8 of $0.50 (USD) vir elke dokument
bladsy se foto daarna |  | 
			  | 
			R16 of $1 (USD) vir elke dokument bladsy se foto daarna | 
 
	
	Klik asseblief op die toepaslike knoppie:
 
(woorde in blou is 'n skakel na meer inliging)