Skip to main content

Lidmaatskap - vrae en antwoorde

Wat is eGGSA?

Wat is die koste om aan te sluit?

Hoe betaal ek?

Wat is my voordele as lid van eGGSA?

Wat is die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika?

Om die aansoekvorm te voltooi: wat is die verskillende opsies ?


Wat is eGGSA?

eGGSA is die virtuele of aanlyn tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, bedoel vir diegene vir wie dit nie moontlik is of nie belangstel, om lid van enige landgebaseerde takke van die GSSA te word nie. Om lid van die eGGSA te word is dit noodsaaklik om aan te sluit of moet u reeds ‘n lid van die voornoemde organisasie wees.

Indien u ons aanlyn aansoek vir lidmaatskap gebruik sal u outomaties geregistreer word as lid van albei organisaies.

Klik hier om as lid te registreer van eGGSA en die GSSA: Sluit aan


Wat is die koste om aan te sluit?

Die jaarlikse tarief, in Januarie van elke jaar betaalbaar, is tans ZAR 280.00 (ongeveer USD 23.00). Hierdie bedrag sluit in lidmaatskap van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika.


Hoe betaal ek?

Met die aanlyn aansoek vorm: as u 'n Suid-Afrikaanse bankrekening het kan u per bank oordrag betaal, indien nie kan u PayPal gebruik.


Wat is my voordele as lid van eGGSA?

Bykomend tot die voordele van lidmaatskap van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (sien hieronder), ontvang lede van die eGGSA Tak die volgende voordele:

  • Dokument Fotos: Lede kan fotos van dokumente uit die Suid-Afrikaanse Argiewe bestel teen ‘n lae tarief. Vir meer detail sien GGV. (Gereeld Gevraagde Vrae)

  • Hulp lêers en Boeke: Lede sal by ons aanlyn Aflaai Biblioteek afdelings vind wat materiaal bevat wat vir lede alleenlik beskikbaar is: Die lede afdeling met verskeie hulpmiddels vir navorsing en ‘n aantal aanlyn boeke in die Boeke afdeling.

  • Genesis: Lede ontvang die eGGSA se kwartaalikse publikasie Genesis, wat artikels bevat geskryf deur en vir lede. Regs klik op die beeld hieronder om een van die vorige uitgawes af te laai:

genesis Issue 13, Januarly 2007

  • Familia: As lede van die ouer organisaie, Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, sal eGGSA lede ook FAMILIA ontvang, die kwartaalikse tydskrif van die Genootskap, wat gepubliseer word in Maart, Junie, September en Desember. Familia kan in elektroniese en gedrukte formaat voorsien word. Die ledegeld tarief sal afhang van watter formaat gekies word om te ontvang. Regs klik op die beeld hieronder om een van die vorige uitgawes af te laai:

    Familia Volume 43 2006 Number 3

  • Help bevorder Suid-Afrikaanse Genealgie: U jaarlikse subskripsie van die eGGSA sal help om die webtuiste te befonds wat ‘n groot versameling van genealogiese materiaal gratis beskikbaar stel aan alle lede.

  • Skryf in vir meer Tak nuusbriewe: Teen ‘n ekstra koste is dit ook moontlik om op verskeie ander GGSA takke se nuusbriewe in te skryf:

Capensis, gedrukte uitgawe, gepubliseer deur die Weskaap tak (nie ingesluit as deel van Weskaap Tak lidmaatskap nie)
Ooskaap Tak Nuusbrief (ingesluit as deel van Ooskaap tak lidmaatskap)
Famnea, gedrukte uitgawe – (Gratis beskikbaar aan Noorwes tak lede en beskikbaar op hierdie webblad in elektroniese formaat)
GNUS, kwartaalikse nuusbrief van die Natal Middellande Tak
Noord Transvaal Tak Nuusbrief (ingesluit as deel van Noord Transvaal lidmaatskap)
Koste van elkeen van bogenoemde publikasies kan gevind word in die eGGSA se aanlyn aansoek vorm


Wat is die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika?

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) is ‘n internasionale organisasie van persone wat hulle besig hou met die studie van genealogie, familiebome en familie geskiedenis wat ‘n Suid-Afrikaanse konneksie het.

Die GGSA se doel is om belangstelling en navorsing in genealogie en familie geskiedenis te bevorder en te vergemaklik.

Vir meer detail kyk asseblief na die GSSA se webblad.


Om die aansoekvorm te voltooi: wat is die verskillende opsies ?
(nommers soos op die aansoekvorm)

1. Die kalenderjaar vir Lidmaatskap is vanaf Januarie tot Desember, ongeag van wanneer u sou aansluit.

2. Hierdie afdeling bestaan uit twee opsies. 

  • Die eerste en verstek opsie is om by die eGGSA tak aan te sluit, ongeag of dit die eerste keer is wat u aansluit of lidmaatskap hernuwing is.

  • Die tweede opsie is om by enige een van die land gebaseerde takke as die hooftak aan te sluit, met eGGSA voordele.
    (In hierdie geval sal u die eGGSA nuusbrief en joernaal ontvang, sal toegang hê tot lid areas van die webblad maar geen stemreg in die eGGSA tak nie. U mag slegs by u land gebaseerde tak stem. U sal ook enige publikasie van u land gebaseerde tak, wat ingesluit is in hulle lidmaatskapsfooi, ontvang.)

3. Dui asseblief aan of u die lidmaatskap hernu of aansoek doen vir nuwe lidmaatskap..

4. As ‘n lid van eGGSA (en dus ook van GSSA) sal u, as deel van ‘n lidmaatskap, die GSSA kwartaallikse Joernaal Familia in elektroniese formaat (Adobe Acrobat pdf) ontvang. In hierdie afdeling mag u ook die opsie kies om, addisioneel, die gedrukte weergawe van die joernaal, teen ekstra koste soos gespesifiseer, te ontvang.

5. Dui asseblief aan of u verkies om kommunikasie in Afrikaans of Engels te ontvang.

6. U mag ook die opsie kies om, teen ekstra koste soos gespesifiseer, ‘n verskeidenheid publikasies van GSSA takke, te ontvang.

7. U mag enige familienaam wat van spesiale belang vir u is, aandui.

8. Dui asseblief aan of u bereid is dat enige detail wat u voorsien het met hierdie vorm deur die GSSA gebruik mag word in sy publikasies.

  • Hits: 2475