Skip to main content

Opsraakwekkende ontdekking: Reste van ‘n Neandertalgesin in grot ontdek

WASHINGTON, 19 Oktober (Reuters) – Been en tandoorblyfsels, die reste  van ‘n Neandertal vader en sy  tiener dogter ingesluit, uit twee Siberiese  grotte stel wetenskaplikes in staat om die eerste keer die sosiale organisasie van die Neandertals deur genetiese speurwerk te ontsyfer.  Navorsers het die genomiese bevindings van 13 Neandertals - 11 uit die Chagyrskaya grot en twee van die Okladnikov grot in die Altaigebergte van Rusland - in een van die grootste genetiese studies tot op datum van ‘n Neandertal-volksgroep bekendgestel. Die paleolitiese reste dateer uit omtrent 54,000 jaar gelede.

Die genetiese bevindings het hul in staat gestel om die verhoudings tussen  sommige van hierdie individue uit te pluis en navorsers het afgelei dat hierdie Neandertal gemeenskappe bestaan het uit ‘n klein groepie nabye familiebetrekkinge wat uit 10 tot 20 lede bestaan het, en dat die vroue tussen gemeenskappe migreer het, en dat die mans het gevestig gebly het.

Die grotte is geleë aan die verste oostelike deel van die bekende geografiese woongebied van die Neander-tals, wat die westelike dele van Eurasië bewoon het, terwyl die ander uitgestorwe menslike stam, die Deni-soviërs, die oostelike dele van  Eurasië bewoon het. Die Denisova Grot is in die Bashelaksky reeks van die Altai gebergte, Siberië, Rusland. Die grot het verskeie items van paleo-argeologiese en paleontologiese belang opgelewer. Been fragmente van die Denisovamense kom uit die grot, asook artifakte wat dateer uit 40 000 jaar gelede. Die Chagyrskaya en Okladnikov grotte op die oewer van dieCharysrivier, is binne 100 km van die terrein waar die eerste oorblyfsels van die Denisoviërs gevind is, maar die studie het geen bewys gevind van verbastering tussen hierdie 13 Neandertals en die Denisoviërs nie. Die 13 Neandertal indiwidue het 5 kinders en adolessente ingesluit. Daar was 7 mans en 6 vroue. Ons spesie het nog nie op daardie stadium daardie streek bereik nie.

Alhoewel genomiese analise van die Neandertals voorheen insigte in hulle bevolkingsgeskiedenis en noue verband met ons spesie meegebring het, was hul sosiale organisasie veel moeiliker om te hekonstrueer. Volgens genetikus Benjamin Peter van die Max Planck Instituut vir Evolusionêre Antropologie in Leipzig, Duitsland, ‘n mede-skrywer van die navorsing wat in die joernaal NATURE gepubliseer is: "Ek dink ons insigte maak die Neandertals meer verbandhoudend en in ‘n ander sin meer menslik. Hul was mense wat in klein familiegroepe geleef en gesterf het, waarskynlik in ‘n strawwe omgewing. Tog het hulle daarin geslaag om honderdduisende jare te oorleef.

Neandertals, stewiger gebou as Homo sapiens en met groter wenkbroue, het van omtrent 430,000 jaar gelede tot omtrent 40,000 jaar gelede geleef. Die Chagyrskaya grot het reste van ‘n volwasse man, die vader, en sy tiener dogter opgelewer, gebaseer op dentale getuienis waarskynlik in haar laat adolessensie. Daar was ook ‘n seun van tussen 8 en 12 jaar, asook ‘n volwasse vroulike familielid wat volgens genetiese bevindinge ‘n tante, niggie of ouma was. Wetenskaplikes het verskeie klipwerktuie en dierebene in die twee grotte gevind, wat daarop dui dat die lede van die klein gemeenskap van jagter-versamelaars  bisons, inbexe, perde en ander diere wat deur die riviervalleie onder die grotte getrek het, gejag het.

Ver van die uitgediende stereotipe van stompsinnige woestaards, het navorsing getoon dat Neandertals intelligent was, kuns geskep het, ingewikkelde groepsjagmetodes gebruik het, pigmente vir liggaamsverf,  simboliese voorwerpe en moontlik gesproke taal ontwikkel het. Gebrek aan genetiese diversiteit – soortgelyk aan bedreigde spesies op die rand van uitsterwing, is gevind in die 13 Neandertals in hierdie navorsing verskaf getuienis vir die klein groepgroottes van hierdie gemeenskappe.  Navorsers het die genetiese diversiteit van die Y-chromosoom - die een wat van vader na seun oorgedra word, vergelyk met die DNA diversiteit van die mitochondriale chromosoom wat van moeders oorge-erf word. Die hoër mitochondriale genetiese diversiteit dui aan dat hierdie gemeenskappe  hoofsaaklik gekoppel is deur beweging van vroue van die een groep na die ander.

Die aard van die interaksie tussen ons spesie en die Neandertals - formeel bekend as Homo neanderthalensis – bly vaag. Daar was vermenging, soos aangedui deur die feit dat moderne nie-Afrika menslike bevolkings steeds oorblywende Neanderthal DNA dra. Maar ons rol  in hulle uitsterwing bly onduidelik. Neandertals het verdwyn redelik kort nadat ons spesie hul gebied binnegedring het, soos ook die geval was met die Denisoviërs.

Die Chagyrskaya reste — tande en beenfragmente — het volledige en gedeeltelike genome van 11 individue opgelewer, (monsters van Okladnikovgrot was swak bewaar en net twee het genoeg  DNA bevat om ‘n volgreeks te onttrek.) Met hierdie skat het die navorsers bevestig dat Chagyrskaya se bewoners nader verwant was aan  Neandertals wat op daardie stadium in Europa gewoon het as diegene wat tienduisende jare tevore die Denisovagrot bewoon het.

Toe navorser Skov die genome van Chagyrskaya begin vergelyk het, het hy die verrassing van sy loopbaan gekry. Twee individue, ‘n volwasse mam en ‘n tienderjarige vrou, het die helfte van hul DNA gedeel, iets wat net gebeur as hul sibbe is, of ouer en kind. Om die verwantskap vas te stel, het die navorsers die mitochondriale DNA vergelyk, wat van die moeder ge-erf word en dus identies sou wees tussen sibbe, maar nie tussen vader en kind nie. Dit het verskil tussen die man en vrou, wat aandui dat hul vader en dogter was.

Die navorsers het meer familielede gevind en soos wat hul die genetiese matreriaal ondersoek het, het hul gevind dat die vader twee tipes mitochondriale DNA het — ’n kenmerk bekend as   heteroplasmie — wat ook gedeel is deur twee ander volwasase mans in die grot, wat aandui dat hulle almal van dieselfde moederlyn afstam. Heteroplasmie verdwyn gewoonlik na ‘n paar geslagte, sê Skov, sodat afgelei word dat hierdie drie in dieselfde tyd geleef het. Die span het ook lede van ‘n ander Neandertal familie gevind: ‘n man en ‘n vrou wat tweede graadse verwante was, bv. niggies en neefs.

“Dit laat mens wonder wat die familieverwantskap tussen hierdie individu was en hoe hulle op mekaar gereageer het,” sê Skov. “Dit is ‘n klein kykie na ‘n Neanderthalfamilie.”

Sosiale strukture

Die oudste DNA van ‘n Homo sapiens toon verbasende onlangse Neandertal voorsate. Die oormaat van Neandertal genome, wat nou bykans verdubbel het, het navorsers in staat gestel om ook na ander aspekte van Neandertal lewe te kyk. Die genome van die Chagyrskaya Neandertals het almal ‘n lae diversiteit tussen moederlike n vaderlike kopieë gehad, ‘n teken dat die ineengeskakelde bevolking van voortplantende volwassenes laag was. Navorsers het soort-gelyke patrone in berggorillas ontdek, wat tipes woon in gemeenskappe van minder as 20 indi-widue, en ook in bevolkings van ander bedreigde spesies.

Die navorsers het ook ook gevind dat die moederlik ge-erfde mitochondriale genome by verre meer divers was as die Y-chromosome, wat langs die manlike lyn ge-erf word. Een verduide-liking hiervoor is ‘n gestadigde invloei van vroue uitverskillende Neandertal gemeenskappe. Modellering deur die span gee te kenne dat die patrone wat in genetiese diversiteit voorkom, sou toeneem indien meer as die helfte van die vroue in klein gemeenskappe elders gebore is. Hierdie sosiale struktuur was teenwoordig in die meeste Neandertalgemeenskappe, volgens ‘n studie wat ‘n dekade gelede deur die Natuurwetenskaplike Museum in Barcelona onderneem is. Die span het 12 Neandertals wat in ‘n Spaanse grot begrawe was, geanaliseer en het uiteenlopende mito- chondriale DNA in vroue gevind, maar nie in die mans nie, wat as bewys aanvaar is dat vroue hul gemeenskappe verlaat het, maar mans nie, wat bespiegeling laat ontstaan het dat dit moont-lik swerwende Neandertalvroue was wat Homo Sapiens in ander dele van Eurasië.ontmoet het, en met hulle gepaar het. andder wetenskaplikes het gewaarsku dat Neandertalgroepe wat elders gewoon het, ander sosiale gewoontes kon aanvaar het. Maar voordat meer inligting bekend word, kan dit nie bevestig beword nie.

Rebecca Wragg Sykes, ‘n skrywer en argaeoloog by die Universiteit van Liverpool, VK, is verbaas dat die reste van soveel verwante individue, wat deel was van ‘n hoogs mobiele jagter-versamelaar gemeenskap, van ‘n enkele terrein herwin kon word. Veral verwarrend is dat die reste  ‘n baba tand en twee beswaarlik verweerde permanente tande wat aan dieselfde jeugdige   man behoort het, ingesluit het. Die afleiding is dat die Neanderthals, òf geruime tyd in hul grot gewoon het, òf die grot dikwels besoek het.

Chagyrskaya grot was ook propvol bison- en perde-oorblyfsels, en navorser Skov en sy kollegas dink dat die grot as jagkamp gedien het tydens die seisoenale migrasie van die diere.  Hierdie jaggeleenthede het geleenthede geskep om uiteenlopende Neandertalgemeenskappe te ontmoet en te meng. Die Chagyrskayafamilie kan moontlik verdr groei, want nog net een derde van die grot is tot dusver opgegrawe. Skov en sy kollegas het nog maar minder as ‘n kwart van die Neandertal reste wat reeds ontdek is, ge-analiseer. Skov hoop dat toekomstige studies ‘n vol-lediger beeld  van Neandertal stambome sal skep — en dalk die tienermeisie se moeder vind. Moontlik is sy nog daar binne.

Bronnelys:

  • Albertyn, CF: Ensiklopedie van die Wêreld
  • Callaway, E: First known Neanderthal family, Nature, 19 Oktober 2022
  • McWhirter, A: Encyclopedia of Essential Knowledge; Moore, R: Evolution

 

Antropology

  • Hits: 5