Die ontwikkeling van genealogiese vaardighede deur die verskaffing van inligting, publikasies, navorsings-onderrig en ook deur skakelingsmoontlikhede.
Die daarstelling van skakels met verskeie groepe wereldwyd.
Die verhoging van publieke bewustheid van die navorsing oor en ontdekking van familiegeskiedenis.
Die bemarking van ons fassinerende genealogieveld.
Die aanbieding van 'n aantal projekte, gerig op die uitbreiding van die aanlyn beskikbaarheid, van Suid-Afrikaanse genealogiese bronne.
Jare lank is daar reeds mense wat om verskeie redes nie by 'n GGSA- tak kon aansluit nie. Van hierdie redes sluit in dat hulle te ver van 'n tak woon of dat hulle buite Suid-Afrika woonagtig is. Tog het hierdie persone steeds die behoefte om aan 'n tak te behoort en ook in die voordele van GGSA-lidmaatskap te kan deel (voordele soos die ontvangs van GGSA se tydskrif Familia). eGGSAis gestig om aan hierdie behoeftes te voldoen.
eGGSA het 'n aanlyn-winkel waar verskeie van die GGSA se publikasies sowel as 'n aantal ander genealogiese, geskiedkundige en kultuur-historiese publikasies aangekoop kan word.
Ons webblad bied nou ook indekse van die artikels in Familia (die kwartaallikse tydskrif van die GGSA) sowel as van die artikels in genesis (die eGGSA se eie kwartaallikse tydskrif).
Een van ons opwindende nuwe aanbiedinge is die Aflaaibiblioteek wat onlangs aangekondig is. Hierdie biblioteek bevat 'n aantal gratis aflaaibare boeke (in PDF formaat), 'n groot aantal dokumente uit die SA Argiewe sowel as fotos van grafstene in verskeie SA begraafplase. Al hierdie dokumente in geindekseer en kruisverwys.
Besoek gerus on Lidmaatskap - vrae en antwoorde om te kyk hoekom jy 'n lid van eGGSA móét word!